Uigestel Dag 5 – ‘n Doodloopstraat in die Hemel
Daar is min dinge so frustrerend soos ‘n doodloopstraat. Veral as jy nie presies die pad na jou bestemming ken nie (en boonop haastig is!) en dan lei jou GPS of jou neus jou na ‘n doodloopstraat. Jy kan nie verder nie, kan nie verby nie. Back to square one. Probeer maar weer.
In Openbaring 5:2-3 lees ons van ‘n doodloopstraat in die hemel:
Vers 4 sê Johannes was so ontsteld, hy het sommer gehuil oor hierdie krisis. Maar dan lees ons in vers 5 kom die Oplossing:
“Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.”
Hy het die oorwinning behaal. Hy het die oorwinning behaal. Hy het reeds die oorwinning behaal!
Ons Here, is reeds verby elke doodloopstraat – wat daardie doodloopstraat ookal mag wees en hoe onmoontlik dit ookal vir ons mag lyk. Hy roep ons om Hom te volg en om op Hom te vertrou. Nie eers die dood was vir Hom ‘n doodloopstraat nie. Hy ken die pad. Hy ken die oplossing. Niks is vir Hom onmoontlik nie!
“Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” – Openbaring 5:13
Uitgestel Dag 4 – Hoop op my Veilige Vesting
In aansluiting by wat ons gister vir mekaar gesê het oor Psalm 13 kan ons vandag, dalk met nuwe oë, die ander psalms lees. Lees vandag bv. Psalm 59. Hierdie is nie net ‘n mooi gediggie met mooi woordjies nie. Hier word gepraat in wesenlike gevaar en groot nood! Vers 1 vertel vir ons wat die situasie is:
“Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. ‘n Gedig, na aanleiding daarvan dat hulle, in opdrag van Saul, Dawid se huis omsingel het om hom dood te maak.”
Dawid gaan dan verder om beeldryke taal te beskryf hoe hierdie vreesaanjaende teëstanders lyk en presies wat hy graag wil hê met hulle moet gebeur en nie met hom self moet gebeur nie. Hy praat weer baie persoonlik MET die Here sy God.
En dan lees ons in vers 10:
Waar sy huis, sy “veilige vesting” bedreig word en nie meer veilig is nie, stel hy sy vertroue nou op die HERE, die enigste Veilige Vesting. En in vers 17 eindig hy dan weer, soos in Psalm 13, met ‘n “Maar ék”:
Mag jy ook jou hoop stel op jou Sterkte, jou veilige vesting, jou troue God wat by jou is!
Uitgestel Dag 2 – Nuwe Krag
Jesaja 40 is een van daardie hoofstukke in die Bybel wat mens oor en oor kan lees en elke keer iets nuut oor die grootheid van God kan ontdek. Lees gerus die hele hoofstuk deur. Die manier hoe Hy eintlik met die ander “gemaakte godjies” spot laat my altyd lag en net weer laat besef hoe belaglik dit eintlik is om op enige iets of iemand anders te vertrou.
Hy is nie net die God bo al die gode, die Skepper van die hemel en aarde, die Onvergelykbare, Almagtige en groot God wat in beheer van alles is nie – Hy is ook ons Vader wat vir ons sorg, ons help en ons versterk. Die beeld van die arend wat vlieg (vers 31) is so treffend. Vry, met ongekende krag en stamina kan die arend vlieg. So is die nuwe krag wat die Here gee! Vertrou op Hom. Hy gee nuwe krag!
Uitgestel Dag 1 – As alles verander…
Die wêreld waarin ons leef is die heeltyd besig om te verander. Daar is baie min waarvan ons deesdae kan seker wees. Die spoed waarteen tegnologie ontwikkel en informasie gegenereer word is ter selfde tyd asemrowend en angswekkend. Dink maar aan die hoeveelheid inligting wat tans tot jou beskikking is en hoe maklik jy toegang daartoe kan kry teenoor 10 of 20 jaar terug. Selfone, rekenaars, karre, mediese toerusting, dit alles ontwikkel vinniger as wat ons kan bybly.
Nou, met die hele ding rondom Corona voel dit nog meer of mens sukkel om by te bly. Die Lockdown se einde is uitgestel. Dit voel asof niemand presies seker is wat aangaan, hoe om dit te hanteer, hoe lank dit nog gaan vat of wat om te doen nie. Bly by die huis, behalwe as jy moet uitgaan. Die winkels is toe, behalwe die wat oop is. Moenie ‘n masker dra nie, maar dra dalk maar een. Dra handskoene, maar moenie. Probeer om nog jou normale roetine te volg, maar niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. En so kan ons aangaan. Ons kry die heeltyd gemengde inligting en dit los ons met gemengde gevoelens!
Daar is egter een ding waarvan ons altyd en onder alle omstandighede kan seker wees. En dit is boonop maklik om te onthou, want ons lees dit in die kortste psalm in die Bybel – Psalm 117. Hier is die HELE psalm:
As alles verander en dit voel of die dam onder jou uitgeruk word, bly een ding seker: aan die Liefde van die Here is daar geen einde nie!
Afgesonder Dag 21 – Hoe lank nog, Here?
So hier is ons nou… Dag 21… en dit is nog nie verby nie… Nou wat nou?
Ek is seker meeste van ons het nou al in die afgelope paar dae reeds die feit dat ons nou langer in afsondering is begin verwerk en reeds begin om aan te pas by die nuwe omstandighede. Maar vandag kan mens tog nie anders nie as om diep bewus te wees van die feit dat ons “veronderstel” was om vandag weer vry te wees. Dat alles vandag sou moes terugkeer na normaal toe en ons weer kan werk en skoolgaan en braai soos gewoonlik…
Nou raak ons gewoond aan die idee dat die “normaal” waarna ons sou terugkeer ook nie meer dieselfde gaan wees as wat dit was nie. En raak ons gewoond aan die idee dat ons dalk nog ‘n rukkie gaan onseker wees oor presies wanneer en hoe die lockdown gaan eindig. Dan voel dit asof mens wil uitroep “Hoe lank nog, Here?!”
Maar dit voel amper nie reg nie en blaai ons vinnig na iets inspirerend soos Psalm 23 om bietjie beter te voel. Maar ons vergeet tog so gou van die oop en eerlike broosheid van die Psalms. Selfs in Psalm 23 kyk ons maklik die realiteit en die bedreiging en die vrees van die donker dieptes mis.
Die Psalmbundel is egter vol voorbeelde van mense wat hulle harte uitstort voor die Here en vrae vra en hul wanhoop uitspreek. Dit is nie net mooi woorde, digterlike meesterstukke, beelde en woorde wat presies reg gerangskik is om net mooi te klink nie. Dit is regte mense wat iets probeer verwoord van regte belewenisse en regte emosies. Dis real! Een so voorbeeld is Psalm 13 in vers 1 to 5:
Sjoe dit klink dalk bietjie hard. Maar klink dit nie ‘n bietjie bekend nie? Dit is juis omdat ons hier met rêrige rou emosie te doen het dat ons self daarmee kan identifiseer.
Maar wat opvallend is hiervan, is natuurlik die Adres van Dawid se uitroepe. Waarheen gaan Hy met sy vrae en vrees en sy twyfel? Hy gaan soek nie hulp op allerhande ander plekke nie – die Here is sy enigste toevlug!
Daarby kan ons ook leer en moet ons eerste instink in elke omstandigheid, en met al ons vrae en onsekerheid, wees om heel eerste met die Here self daaroor te praat. MET Hom wat hier en nou by ons is, binne in die donker dieptes. Daarin kan ons vrede vind, selfs binne in moeilike en onseker omstandighede.
Dawid sluit Psalm 13 af met die volgende vers, vers 6: