Paasfees 2023
Dis amper weer tyd om saam Paasfees te vier.
Op 6 April om 18:30 vier ons Heilige Donderdagaand met ons Vissie-en-Broodjie Aand. Ons loop weer bietjie in die dissipels se voetspore en gaan saam aan tafel eet en so aan tafel saam Nagmaal gebruik. Jy weet teen die tyd al goed hoe dit werk: bring wat jy het en dit is genoeg vir almal. Bring ‘n vis- of broodgereg saam, genoeg vir jou gesin en dan pak ons dit uit op die tafel en almal eet heerlik saam.
Op Sondag 9 April kom ons weer om 6:00 bymekaar om die Opstanding van die Here Jesus te vier. Ons eet vroeg saam ontbyt so bring vir jou ‘n brekfis piekniekmandjie met koffie saam. Dan kyk ons hoe die son opkom en vier die nuwe wat die Here vir ons bring. Om 7:00 begin ons Paaserediens waar ons die Opgestane Here saam eer.
Hoop om jou daar te sien!
Nuwe Preekreeks: Geroep vir Groei
Hoop jy is saam met ons opgewonde oor ons nuwe preekreeks: Geroep vir Groei – Plant waar jy blom!
Die preekreeks skop af op 5 Februarie 2023 en strek oor 6 Sondae tot en met die 12de Maart.
Kom groei saam met ons en laai die reeks se Bybelstudie boekie af deur [HIER TE KLIEK]
Erediens 8 Januarie 2023
📌 KENNISGEWING 📌
Ons Erediens begin môre 8 Januarie eers om 9:15 agv beurtkrag. Hoop om jou daar te sien!💡🕯️
Kersfees Erediens 25 Desember 2022
Jy word hartlik uitgenooi om môre 25 Desember saam met ons die geboorte van Jesus, die Lam van God, die Koning van die konings, te kom vier. Ons erediens begin DV om 8:00. Hoop om jou daar te sien!
Erediens 11 Desember 2022
KENNISGEWING
Ons Erediens begin môre 11 Desember eers om 9:15 agv Stage 5 beurtkrag. Hoop om jou daar te sien!💡🕯️
