Erediens 20 Oktober begin 8:00

Neem asb kennis dat ons erediens môre, 20 Oktober, reeds om 8:00 begin. Daar is wel Kinderkerk en TakTiek. Sien jou môre oggend vroeg!
Sondag 8 September 2024 – “Wonderful Cross”
Ons het môre oggend ‘n spesiale gasprediker via video. Andy Stanley bring ‘n lewensveranderende boodskap uit Filippense 2:5-11 met die tema “Wonderful Cross”. Dit is verseker ‘n boodskap wat jy nie wil misloop nie!
Die diens begin 8:30 en daar is Kinderkerk en TakTiek.
Quiz Night – Vrydag 30 Augustus 2024
Op Vrydag die 30ste Augustus gaan ons weer heerlik saam kuier en saam eet. Maar hierdie keer kom daar nog bietjie ekstra pret by – ons hou Quiz Night!
Ons speel almal gelyk saam in spanne van 4-6 mense aan die tafel. Ons meester Quizmaster, Marno Pepler, gaan ons kennis toets met 4 rondtes van musiek en algemene kennis vrae. Die span met die meeste punte aan die einde van rondte 4 stap as die kampioene weg.
Skryf jou span sommer vandag nog in (maar nie later as Woensdag 28 Augustus nie asb!) deur vir Wynand ‘n WhatsApp te stuur by 083 481 1368. Dit kos slegs R20 per persoon.
Moenie van die kos vergeet nie. Aandete is gesort met burgers en chips wat ons amper verniet weggee, teen slegs R30. Bring dan net vir jou jou eie drinkgoed saam.
So kry jou span bymekaar en kom lag en kuier en eet saam en geniet die aand saam met ons. Sien jou daar!
Lofprysingsdiens 18 Augustus 2024
Hierdie Sondag, 18 Augustus gaan ons weer sing! Ons het nie ‘n oggenddiens nie, maar wel ‘n lofprysingsdiens die aand vanaf 18:30. Kom voeg jou stem by as ons saam sing tot eer en verheerliking van ons Koning en ‘n offer van lof aan Hom bring deur die lippe wat sy Naam bely.

