Bring en Braai – 15 Maart 2020
Moenie Sondag alleen by jou huis braai nie, kom braai eerder saam met ons!
Bring jou braaigoed, drinkgoed en eetgerei saam. Die vuur en die kuierplek en heerlike geselskap sal hier wees.
Dit is so belangrik dat ons meer met mekaar kuier en meer saam eet as gemeente-familie – en watter beter manier dan as om ‘n braaivleisvuur?
Ons kuier van 11:00 af saam. Sien jou daar!
WeskerkJEUG – Wolliebol en Braai
Ons Senior Jeug (graad 7-12) hou GROOT kwartaalafsluiting op 20 Maart 2020 van 17:00-20:00 (of tot ons moeg is!).
Ons gaan Wolliebol (dis hoe ons by Weskerk Volleyball spel!) speel en braai en kuier en begin verf aan ‘n verrassing.
Bring jou vleis en al jou pelle saam. Daar sal ook koeldrank en sweets en chips te koop wees, so bring ‘n geldjie.
Dit gaan vet pret wees! Sien jou daar!
Dames Fliekaand 19 Maart 2020
Ons gemeente se Groei Nader Bediening nooi al die vroue hartlik uit na ‘n spesiale Dames Fliekaand op Donderdag 19 Maart 2020.
Ons begin 18:30 lekker saam kuier en eet ‘n heerlike aandete saam. En dan 19:30 begin die fliek draai. Dit lyk darem sover asof die beurtkrag ons hierdie keer gaan uitlos!
Die kaartjies is R30 per persoon en sluit die fliek en die ete in. Bring vir jouself net ietsie te drinke saam.
Reël solank iemand om jou kinders (en jou man, hehe!) te babysit, sodat jy kan kom ontspan saam met die ander dames.
RSVP asb voor.op 17 Maart 2020 by Karin – 082 485 8008.
Bring jou vriendin/sussie/niggie/buurvrou en kom Groei Nader saam met ons.
Sien jou daar!
