WeskerkJEUG – Wolliebol en Braai

Ons Senior Jeug (graad 7-12) hou GROOT kwartaalafsluiting op 20 Maart 2020 van 17:00-20:00 (of tot ons moeg is!).

Ons gaan Wolliebol (dis hoe ons by Weskerk Volleyball spel!) speel en braai en kuier en begin verf aan ‘n verrassing.

Bring jou vleis en al jou pelle saam.  Daar sal ook koeldrank en sweets en chips te koop wees, so bring ‘n geldjie.

Dit gaan vet pret wees! Sien jou daar!