Quiz Night – Vrydag 30 Augustus 2024

Op Vrydag die 30ste Augustus gaan ons weer heerlik saam kuier en saam eet.  Maar hierdie keer kom daar nog bietjie ekstra pret by – ons hou Quiz Night!

Ons speel almal gelyk saam in spanne van 4-6 mense aan die tafel.  Ons meester Quizmaster, Marno Pepler, gaan ons kennis toets met 4 rondtes van musiek en algemene kennis vrae.  Die span met die meeste punte aan die einde van rondte 4 stap as die kampioene weg.

Skryf jou span sommer vandag nog in (maar nie later as Woensdag 28 Augustus nie asb!) deur vir Wynand ‘n WhatsApp te stuur by 083 481 1368.  Dit kos slegs R20 per persoon.

Moenie van die kos vergeet nie.  Aandete is gesort met burgers en chips wat ons amper verniet weggee, teen slegs R30. Bring dan net vir jou jou eie drinkgoed saam.

So kry jou span bymekaar en kom lag en kuier en eet saam en geniet die aand saam met ons.  Sien jou daar!