Desember 2021 Eredienste
Liewe Weskerk Familie
Hiermee die reëlings vir ons eredienste in Desember. Behalwe vir die 26ste Desember is daar elke Sondag ‘n diens in ons kerkgebou.
Saterdag die 25ste Desember is ons Kersdiens reeds om 8:00 die oggend. Sondag 26 Desember is daar ‘n gesamentlike erediens om 8:30 by Hervormde Kerk Onverwacht.
Dan is daar ‘n gesamentlike Geloftediens ook by Hervormde Kerk Onverwacht op die 16de Desember om 8:30.
Tussen ons, NG Albertyn, NHK Ebenhaser en NHK Onverwacht word daar nie hierdie jaar ‘n Oujaarsdiens in ‘n kerkgebou gehou nie, maar slegs ‘n virtuele erediens wat gelei word deur Ds. Bernard Prinsloo en uitgestuur sal word via WhatsApp.
Die datums lyk, opgesom, dan soos volg:
12/12 – Weskerk 8:30
16/12 – NHK Onverwacht 8:30
19/12 – Weskerk 8:30
25/12 – Weskerk 8:00
26/12 – NHK Onverwacht 8:30
31/12 – Virtuele Oujaarsdiens
02/01 – Weskerk 8:30
Hoop om jou daar te sien. Mag jy en jou familie, hierdie Kerstyd, die Here se teenwoordigheid en liefde op ‘n baie spesiale manier beleef.
Erediens Sondag 19 September 2021
Dit gaan so lekker wees om hierdie stoele vol mense te kan sien en saam die Here te loof! Ons is Sondag 8:30 terug in ons aanbiddingsruimte.Ons gaan voort met ons reeks oor Jakobus en praat hierdie week oor “Hemelse Wysheid vs. Aardse Wysheid”.
Sien jou daar!
WESKERK Gholfdag -23 Oktober 2021
Op 23 Oktober hou ons weer gholfdag! Kom speel saam of borg ‘n putjie en kom wees deel van die pret.
Daar is natuurlik groot pryse om te wen, ons hou veiling, maak heerlike kos en VanCoet kom maak weer vir ons musiek. Die formaat is ‘n Mystery Better Ball en dit beloof om groot pret af te gee. Moet dit nie misloop nie!
Kostes is soos volg:
- R350 per speler
- Borg ‘n “Prima Putjie” en adverteer jou besigheid
- R3500 met 4-bal en karretjie ingesluit
- of R2000 net vir die putjie
- Borg ‘n “Gewone putjie” en adverteer jou besigheid
- R2500 met 4-bal ingesluit (geen karretjie)
- of R1000 om net die putjie te borg
- R50 per ete kaartjie vir gade
Besprekings om gholf te speel is by Mogol Klub self. Vir enige ander inligting en borg van putjies kontak gerus vir Jannie Lotter by 073 170 0366 of Karin Botha by 082 485 8008.
Sien jou daar!
Aanlyn Erediens – Sondag 29 Augustus 2021
Liewe Weskerk FamilieHierdie Sondag het ons nie inry-erediens nie, maar slegs ‘n aanlyn diens. Wyle ds. Pieter Viljoen, ds. Cornel se pa, se heel laaste preek dien as die perfekte afsluiting van ons preekreeks oor ‘Onuitblusbare Blydskap’.
Die link na die preek op ons webwerf en op Youtube, sal soos gewoonlik Sondagoggend via WhatsApp en Facebook versprei word.
Inry-Erediens en Nagmaal – Sondag 15 Augustus 2021
Liewe Weskerk Familie
Ons wag nog vir ons president om weer vir ons nuwe regulasies te gee en daarom kan ons nog nie hierdie Sondag terug wees in ons aanbiddingsruimte soos ons so graag wil nie.
Die goeie nuus is egter dat ons hierdie Sondag weer ‘n inry-erediens hou en mekaar darem daar kan sien – al is dit deur die venster! En boonop is jy ook genooi om tydens Sondag se diens te kom saam Nagmaal gebruik.
Ons het verlede jaar ook ‘n slag so in ons karre as gesinne saam Nagmaal gebruik en dit was ‘n besonderse belewenis. Kom beleef dit saam met ons as ons weer saam Nagmaal vier.
Elkeen bring net groot asseblief vir jou en jou gesin jul eie brood en wyn (of sap) saam, sodat jul dit veilig daar in die kar met mekaar kan deel.
Die ander goeie nuus is dat ons Jeugdiens ook weer hierdie Sondagaand afskop, so ons tieners kom weer 18:00 bymekaar.
Die inry-erediens begin om 8:30 soos gewoonlik.
Hoop om jou daar te sien!
