Afkondigings

Palmsondag 10 April 2022

Hierdie Sondag vier ons Palmsondag.  Hier aan die begin van Groot Lydensweek vier ons Jesus se intog in Jerusalem en ons bou op na Paasnaweek.  Hierdie kwartaal gaan lekker vol wees (hou die spasie dop!) en dit is so goed om ons kwartaal sommer met Groot Lydensweek en Paasfees te kan afskop.

Ons Kinderkerk skop ook weer af Sondag om 8:30 in 24/7 so bring die kinders saam.  Dan is ons TakTiek byeenkomste vir ons Tieners ook van hierdie Sondag af weer direk na die oggenddiens om 9:30 tot 10:00.  Daar sal natuurlik gekuier word na die diens rondom ‘n koppie koffie terwyl die jongmense by die kategese is.

Ons sien daarom uit om vir jou en jou hele gesin Sondag daar te sien. Kom sing saam met ons Hosanna tot eer van die Koning!

Kinderkerk skop hierdie Sondag af!

Moenie die afskop van ons nuwe Kinderkerk misloop nie.  Ons begin hierdie Sondag en ons is baie opgewonde!

Onthou dit is ook ons Juniors se kategese.  Dit is hier waar hulle met groot pret gaan saam sing, saam leer, saam ontdek en saam groei in hulle geloof.

Bring die kinders hierdie Sondag 23 Janurie 2022 saam erediens toe.  Ons begin om 8:30.  Hier is plek vir jou en jou gesin.

Sien jou daar!

Junior & Senior Jeug Inskrywings 2022

Die jaar is in volle swang en die skool het begin en ons hardloop al teen ‘n spoed rond.  En anders as verlede jaar kan ons hierdie jaar sommer van die begin af al lekker afskop met ons jeugbediening.

Kom skryf jouself/jou kinders in op Sondag 16 Januarie, direk na die oggenddiens. Ons wil ook graag al ons opwindende planne vir 2022 met jou deel, so moenie dit misloop nie.

Ons erediens begin 8:30 en met die nuwe regulasies is daar heeltemal genoeg plek vir jou en jou gesin.  Sien jou daar!