Inry-Erediens en Nagmaal – Sondag 15 Augustus 2021

Liewe Weskerk Familie

Ons wag nog vir ons president om weer vir ons nuwe regulasies te gee en daarom kan ons nog nie hierdie Sondag terug wees in ons aanbiddingsruimte soos ons so graag wil nie.

Die goeie nuus is egter dat ons hierdie Sondag weer ‘n inry-erediens hou en mekaar darem daar kan sien – al is dit deur die venster! En boonop is jy ook genooi om tydens Sondag se diens te kom saam Nagmaal gebruik.

Ons het verlede jaar ook ‘n slag so in ons karre as gesinne saam Nagmaal gebruik en dit was ‘n besonderse belewenis.  Kom beleef dit saam met ons as ons weer saam Nagmaal vier.

Elkeen bring net groot asseblief vir jou en jou gesin jul eie brood en wyn (of sap) saam, sodat jul dit veilig daar in die kar met mekaar kan deel.

Die ander goeie nuus is dat ons Jeugdiens ook weer hierdie Sondagaand afskop, so ons tieners kom weer 18:00 bymekaar.

Die inry-erediens begin om 8:30 soos gewoonlik.

Hoop om jou daar te sien!