Dis amper weer tyd om saam Paasfees te vier.
Op 6 April om 18:30 vier ons Heilige Donderdagaand met ons Vissie-en-Broodjie Aand. Ons loop weer bietjie in die dissipels se voetspore en gaan saam aan tafel eet en so aan tafel saam Nagmaal gebruik. Jy weet teen die tyd al goed hoe dit werk: bring wat jy het en dit is genoeg vir almal. Bring ‘n vis- of broodgereg saam, genoeg vir jou gesin en dan pak ons dit uit op die tafel en almal eet heerlik saam.
Op Sondag 9 April kom ons weer om 6:00 bymekaar om die Opstanding van die Here Jesus te vier. Ons eet vroeg saam ontbyt so bring vir jou ‘n brekfis piekniekmandjie met koffie saam. Dan kyk ons hoe die son opkom en vier die nuwe wat die Here vir ons bring. Om 7:00 begin ons Paaserediens waar ons die Opgestane Here saam eer.
Hoop om jou daar te sien!