Kyk Ek gaan iets nuuts doen
Ons kyk terug oor 42 geseënde jare as gemeente. Ons kan met ons gesigte na die verlede getuig van God se goedheid en grootheid en daarom met die rug gedraai na die onbekende die toekoms in beweeg. Maar die Here roep ons om nie vas te haak by die verlede nie, maar op Hom te vertrou, want Hy gaan iets nuuts en groters doen!