Een van die groot beelde wat Matteus gebruik om te praat oor Jesus kan maklik by ‘n mens verbygaan. Maar as jy dit eers raakgesien het, dan kan mens dit nie meer miskyk nie. Dit gaan oor Moses en hoedat Jesus eintlik ‘n nuwe beter Moses was.
Vir ons klink dit vreemd, want dit is tog voor die hand liggend dat Jesus groter is as Moses. Maar dit was belangrik vir Matteus se Joodse lesers om dit te hoor en verstaan a.g.v. die hoë waarde wat hulle aan die figuur van Moses geheg het. Hy is immers die profeet/instrument waardeur God hulle uit Egipte, uit slawerny bevry het, waardeur Hy die Wet aan hulle gebring het en waardeur Hy hulle in die woestyn begelei het.
Ons weet dat Moses uit Egipte gekom het, deur die waters van die Rooisee gegaan het, vir 40 jaar in die wildernis rondgeswerf het en die Wet van God op die berg ontvang het. Nou lees ons dat Jesus
- ook uit Egipte (terug) gekom het, nadat Josef Hom daar gaan wegsteek het sodat Herodes Hom nie kon kry nie (Matt 2:13-14).
- deur water gegaan het – gedoop is in die Jordaan in Matteus 3:13-17. (Die NT skrywers het die volk se trek deur die see ook as ‘n soort doop gesien. Vgl. 1 Kor 10:1-2)
- in die wildernis was, maar vir 40 dae (Matt 4:1-11).
- die Wet op die berg uitgelê het (Die Bergrede – Matt 5-7).
Jesus kom doen dan dieselfde as Moses, net soveel groter en beter! Hy kom maak die volk vry van die slawerny van sonde (1:21), onderrig die mense in die Wet en Woord van God (Vgl. 7:28-29) en kom lei God se nuwe verbond in (26:26-30). Soos wat Moses die tabernakel in die woestyn gebou het sodat daar offers aan God gebring kon word, so kom Jesus by ons tabernakel, onder ons woon (sien Joh 1:14) – Hy word God met ons (Matt 1:23). En bring Hy een, finale, ewige offer om ons totaal en al skoon te was van ons sonde.
Hierdie gedagte van Jesus > Moses sien ons ook in Hebreërs: “Moses was as dienaar getrou in die hele huis van God en moes getuig van die dinge wat God nog sou sê. Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.” (Heb 3:5-6)
En in Hebreërs 9:14-15 lees ons van die voortrefliker offer:
In Matteus 5-7 kry ons die beroemde Bergrede. Hierin begin die Here Jesus om uit te lê hoe die Koninkryk van die Hemel dan werk. Net in die vorige hoofstuk lees ons hoe dat siekes, besetenes, versteurdes en verlamdes na Hom toe gestroom het en ‘n groot menigte mense hom gevolg het (4:24-25). Dit is m.a.w. hierdie menigte met wie Hy praat in hoofstuk 5:1.
In Hoofstuk 4 sluit Matteus die eerste groot gedeelte van sy evangelie netjies af. Ons sien hoedat Jesus se bediening ná sy versoeking in die woestyn in Kapernaum begin. Dan roep Hy sy eerste dissipels en dan in vers 23-25 kry ons ‘n kort opsomming van al die dinge wat Jesus in daardie tyd gedoen het. In vers 23 sê hy:
Ons reis verder deur Matteus in ons soeke na die Koninkryk van die Hemel sodat ons met die regte perspektief die wêreld regtekant bo kan draai.
In Matteus 3 verskyn Johannes die Doper op die toneel en kry ons ook by hom ‘n groot Koninkryksles. Hy is in elke opsig die voorganger, die wegbereider van Jesus.
Ons is nog nie klaar met die “Byse Manne” nie! (As jy wonder hoekom ons “wyse manne” met ‘n B spel,
Een van my seuns (wat ter wille van sy tiener-selfbeeld nou naamloos sal bly) het eendag by die huis gekom na daar die oggend by die kleuterskool geoefen is vir die Kersspel. So gee hy die dag sy oupa ‘n drukkie en my pa sê vir hom: “Oupa se engeltjie!” En my seuntjie antwoord dadelik terug: “Oupa ek is nie ‘n engeltjie nie, ek is ‘n Byse Man!” (Gespel met ‘n B, want hy kon nie ‘n W sê nie.)
Die idee van Jesus wat God se Koninkryk kom vestig het is reeds van die eerste vers van die Nuwe Testament af sigbaar. Matteus 1:1 sê:
In ‘n deurmekaar wêreld waar alles oor die algemeen voel of niemand meer weet watter kant bo is nie, wil ons in hierdie 40 dae saam soek na antwoorde en weer die wêreld regtekant bo draai. Natuurlik gaan dit nie net oor die wye wêreld nie, maar ook oor elkeen van ons. Dalk voel dit vir jou of jou eie persoonlike lewe op die oomblik die deurmekaar wêreld met al sy probleme soos ‘n lekker rustige piekniek laat lyk.