Wat sien jy as jy in die spieël kyk?
Ons laat baie keer toe dat ons identiteit bepaal word deur wat ons doen, wat ons het, wat ander van ons dink, ens. Maar wanneer Jesus in die ry staan om deur Johannes gedoop te word en die hemel oopgaan by sy doop openbaar dit nie net iets oor Jesus se identiteit nie, maar ter selfde tyd sien ons ook WIE ons identiteit bepaal.
________________________
EPIFANIE REEKS
Ons is tans in die tyd van Epifanie in ons Kerklike jaar. Dit is die tyd van die jaar wat ons nadink oor die openbaring van Jesus. Die verskyning van God deur Jesus. In hierdie reeks sien ons uit verskillende tekste, Ou- én Nuwe Testament hoe die Here Homself op 'n spesiale manier aan ons kom openbaar. En telkens wanneer Hy vir ons die spieël van sy Woord voorhou ons dan onsself deur sy oë kan sien en nie anders kan nie as om met ons lewens daarop te reageer nie.