16th Jan 2022

Jy is kosbaar vir God

Preacher:
Series:
Passage: Jesaja 62:1-5

Jesaja sê dat soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid, so verheug die Here Hom ook oor jou.  Is dit hoe jy oor die Here dink - oor hoe die Here oor jou voel?  Jesaja praat met die volk aan die einde van die Ballingskap, maar ons sien ook hier hoe die Here Jesus hierdie woorde kom waar maak vir jou en vir my.

________________________

EPIFANIE REEKS

Ons is tans in die tyd van Epifanie in ons Kerklike jaar.  Dit is die tyd van die jaar wat ons nadink oor die openbaring van Jesus.  Die verskyning van God deur Jesus.  In hierdie reeks sien ons uit verskillende tekste, Ou- én Nuwe Testament hoe die Here Homself op 'n spesiale manier aan ons kom openbaar.  En telkens wanneer Hy vir ons die spieël van sy Woord voorhou ons dan onsself deur sy oë kan sien en nie anders kan nie as om met ons lewens daarop te reageer nie.

Download Files Notes

Weskerk

FREE
VIEW