23rd Jan 2022

Die Woord lees ons

Preacher:
Series:
Passage: Nehemia 8:1-10

Jy het die titel reg gelees - die woordorde is nie omgeruil nie.  Ons kan baie keer die Bybel lees met allerhande idees in ons kop en vir verskillende redes bietjie teen die ink op die papier vaskyk.  Maar die waarheid is dat die Woord van die Here is lewend en kragtig en is dit eintlik nie ons wat die Woord lees nie, maar die Woord wat ons lees.  Hier in Nehemia 8 beleef die volk juis dit en besef hulle dat hulle harte nou oopgevlek voor God lê.  Weer openbaar die Here Hom opnuut aan hulle en dit kom verander hulle op so manier dat hulle daarop wil reageer.

________________________

EPIFANIE REEKS

Ons is tans in die tyd van Epifanie in ons Kerklike jaar.  Dit is die tyd van die jaar wat ons nadink oor die openbaring van Jesus.  Die verskyning van God deur Jesus.  In hierdie reeks sien ons uit verskillende tekste, Ou- én Nuwe Testament hoe die Here Homself op 'n spesiale manier aan ons kom openbaar.  En telkens wanneer Hy vir ons die spieël van sy Woord voorhou ons dan onsself deur sy oë kan sien en nie anders kan nie as om met ons lewens daarop te reageer nie.

Download Files Notes

Weskerk

FREE
VIEW