30th Jan 2022

Jy is geroep vir ‘n tyd soos hierdie

Preacher:
Series:
Passage: Jeremia 1:1-10

Ons dink baie keer meer oor ander mense se roeping as oor ons eie roeping.  En boonop sluk die spoed van die lewe mens maklik in en dan dink mens meer oor kop-bo-water hou as oor roeping.  Maar dit is nie net dominees en sendelinge wat geroep word nie.  Elke gelowige is geroep!  Jeremia se roepingsverhaal help ons om roeping te verstaan.  Hier vind 'n baie persoonlike gesprek tussen hom en God plaas en daarin leer ons ons Roepende God beter ken en besef ons dat dit Hy is, dieselfde God is wat ook vir jou en my roep!

________________________

EPIFANIE REEKS

Ons is tans in die tyd van Epifanie in ons Kerklike jaar.  Dit is die tyd van die jaar wat ons nadink oor die openbaring van Jesus.  Die verskyning van God deur Jesus.  In hierdie reeks sien ons uit verskillende tekste, Ou- én Nuwe Testament hoe die Here Homself op 'n spesiale manier aan ons kom openbaar.  En telkens wanneer Hy vir ons die spieël van sy Woord voorhou ons dan onsself deur sy oë kan sien en nie anders kan nie as om met ons lewens daarop te reageer nie.

Download Files Notes

Weskerk

FREE
VIEW