Speserye: Mirre – Jesus oorwin die dood
Het jy al ooit gewonder waarom die wyse manne nou juis vir Jesus mirre as 'n geskenk gegee het? Net soos met wierook is daar 'n sterk verband tussen hoe mirre in die Ou Testament gebruik is en dit wat Jesus op die ou end kom doen. Weereens word ons verras deur die detail wat die Evangelieskrywers met ons deel, detail wat ons pens en pootjies binne in die verhaal intrek...