Ontvangers en gestuurdes van die Evangelie
Jesus kom in sy tuisdorp, Nasaret, aan en die mense wil niks met Hom te doen hê nie. As gevolg van dit wat hulle van Hom weet, of dink hulle weet, kan hulle nie hulleself indink dat Hy die gesag het om te doen wat Hy doen en te sê wat Hy sê nie. Daarna stuur die Here Jesus sy dissipels twee twee uit met die opdrag en gesag om te doen wat Hy doen. Maar ook met die opdrag van wat om te doen as mense hulle hanteer soos wat Nasaret Hom hanteer het. Hierdie twee verhale stel ernstige vrae aan ons - hoe ontvang ons die woord en hoe verkondig ons die woord? Is dit wat ons dink ons weet van Jesus nie ook besig om ons te beperk nie? En wat gaan ons doen om dit te verander?