1st Jun 2022

Nie met bakstene gebou nie

Preacher:
Passage: 1 Petrus 2:1-17

Oor die jare het die kerk in Suid-Afrika en reg oor die wêreld baie waarde begin heg aan wat ons het – ons geboue en fasiliteite, geld, mense, musiek instrumente en tegnologie.  Dit het die kriteria geword waarvolgens ons besluit of dit goed of sleg gaan in 'n gemeente.  Hoe meer ons van al hierdie goed het, hoe beter.  Die Here verwag egter van ons dat ons 'n geestelike huis sal wees, gebou uit lewende stene.  Lewend gemaak deur die Here Jesus en lewend omdat ons geloof in ons lewens sigbaar word.  Dat dit vir ons nie sal gaan oor geboue nie, maar dat die liefde van die Here elke dag, ongeag van waar ons is, in ons doen en late sigbaar sal wees.  Dat ons, die eiendomsvolk van die Here, die verlossingsdade sal verkondig van Hom wat ons uit duisternis geroep het na sy wonderbare lig.  Wat ons weggee, die liefde wat ons wys, is belangriker as wat ons het.  Mag dit goed gaan met ons gemeente omdat ons dit regkry om vir mense te sorg en vir mekaar om te gee eerder as omdat ons baie goeters het.

Download Files Notes

Weskerk

FREE
VIEW