‘n Koninkryk van die Hart
Godsdiens kan baie maklik, te maklik, 'n blote uiterlike handeling word wat maar net 'n idee bly, iets waarmee ons ons dade wil regverdig, i.p.v om te doen wat die Here van ons verwag. Om heilig te wees gaan nie oor reëls nakom nie. Dit gaan nie daaroor om vir ander te kan wys hoe heilig en hoeveel beter jy as hulle is nie. Daarom dat die Here sê dat ons wetsonderhouding meer moet inhou as die van die Fariseërs. Die Fariseërs het ook gedink hulle is heilig, maar hulle godsdiens het belangriker geword as God self, omdat dit vir hulle net oor hulle self gegaan het. Dit kan nie oor ons gaan nie. Daarom sê die Here baie duidelik dat dit gaan oor om die Wil van die Vader te doen en nie ons eie eer en belang te soek nie. Om 'n aanhaling uit die fliek Kingdom of Heaven te gebruik: “Holiness is in right action and courage on behalf of those who cannot defend themselves. By what you decide to do everyday you will be a good man, or not.” DOEN die wil van die Here – sy Wil is liefde, vir Hom en vir mekaar.