Die Boonstes is die Geseëndes is die Boonstes
Die inhoud van die Saligsprekinge is uitdagend vir die wêreld se beskouings van wat en wie die belangrikste is. As ons raaksien waar hierdie 12 verse in Matteus se groter verhaal inpas en met wie dit is wat die Here Jesus hier praat dan besef ons dat hierdie nege seëninge baie meer inhou as 'n paar mooi versies wat ons aanhaal. Dan besef ons dat dit ons ook uitdaag, maar ter selfde tyd troos en uitnooi en intrek om die wêreld opnuut vanuit die perspektief van die Koninkryk te sien. Dan besef ons dat om "geseënd" te wees baie meer beteken as wat die wêreld ons van probeer oortuig...
Topics:
Geseënd, Koninkryk, Koninkryk van die Hemel, Saligsprekinge