40 Dae om die wêreld weer regtekant bo te draai
Ons nuwe 40 dae reeks skop vandag af. Die wêreld is behoorlik onderstebo. Die voel veral die laaste tyd erger. En boonop forseer die wêreld nog elke dag sy eie idee van wat veronderstel is om belangrik te wees in ons kele af. Dalk is jou eie wêreld binne in hierdie wêreld nog ekstra deurmekaar en onderstebo op 'n persoonlike vlak. Ons wil weer ons wêreld omkeer. Maar daarvoor moet ons weet watter kant moet dan nou eintlik bo wees en dit word bepaal deur ons perspektief... Kom reis saam met ons as ons hierdie perspektief soek en ontdek oor die volgende 40 dae.
Topics:
40 Dae, Koninkryk, Koninkryk van die Hemel, Onderstebo