Wie Wen?
Ons is almal so lekker op 'n "high" na die Springbokke se Rugby Wêreldbeker oorwinning en kry tog in die proses so bietjie 'n versugting na daardie selfde gevoel van oorwinning op ander (alle?) terreine van ons lewens. Die Bybelse verhale van oorwinning leer vir ons 'n belangrike les oor waar ons oorwinnings vandaan kom en wat dit beteken om op die Here te vertrou. Romeine 8 verklap ook vir ons 'n geheim oor die Liefde van die Here, wat ons lewens gaan verander as ons dit regtig begin snap...