Water vir anders kyk
“Gewone Kerkmense” takseer graag ander op die baadjie.
Joh 4:9 - 9Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ’n Jood is, vir my, ’n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.
Jesus stel telkens vir ons die voorbeeld. Hy steek die grense oor na mense toe wat gewoonlik deur die “heiliges” verwerp word.
Ons moet dieper kyk as die oppervlak. As ons net na die oppervlak kyk gaan ons altyd teen ons eie selfsug vaskyk, maar as ons dieper kyk, soos Jesus gekyk , gaan ons met God se lewensveranderende liefde ook sy Beeld in ander raaksien.
Topics:
Heilige Gees, Liefde, Pinkster, Vooroordeel