Suiker vir anders lyk
“Gewone Kerkmense” moet voorgee dat als okay is.
Ps 39:4 - 4Daar was ’n brandpyn in my, my smart het ’n vuur in my geword. Toe móés ek praat.
Ons het al so gewoond geraak aan die idee dat ons maar al die pyn in die lewe moet “sugarcoat”. Dat Christene moet voorgee dat hulle alles nog bymekaar het – verhoudings, finansies, gesondheid, sonde, foute...
Ons verhouding met God maak dat ons die masker maar kan afhaal en onsself kan wees en ons eie gebrokenheid kan erken. Soos Dawid ook in Ps 39 (en op ander plekke) sy gebroke hart uitstort moet ons ook met daardie vrymoedigheid na ons Vader toe kan gaan.
As gemeente, as gemeenskap van gelowiges, moet ons ook daardie ruimte vir mekaar skep, dat ons mekaar ook kan ondersteun en mekaar se laste kan dra.