Melk vir anders wees
“Gewone Kerkmense” vergeet so bietjie van Liefde.
1 Kor 13:3 – “...maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.”
Ons raak so gefokus op ons eie godsdienstige reëls en pogings tot heiligheid dat ons van liefde vergeet. Om liefde uit te leef vra 'n verandering van ons wese, van hoe ons is – dit vra selfopoffering! Die Here Jesus stel weereens vir ons die voorbeeld van hoe ons mekaar moet liefhê en daarvoor moet ons besef dit gaan nie oor ons nie. Wees meer as die gewone, wees anders as die norm van die wêreld en leef nie vir jou eie gemak en gewin en eer nie, maar tot voordeel van elkeen wat jou pad kruis en tot eer van God.
Topics:
Heilige Gees, Liefde, Pinkster, Selfopoffering