Botter vir anders praat
Deel 2 van ons reeks "Die Heilige Gees, Tjoklits en Gewone Kerkmense".
“Gewone kerkmense” smeer mekaar se name toe.
Jak 3:5 - 5So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.
Ter wille van ons eie gewin en ons eie heiligheid in ander se oë smeer ons baie keer ander mense se name swart. Dit gaan hier oor die skade wat ons in die proses aanrig en wat dit oor ons getuienis oor God se liefde sê, meer as wat dit maar net 'n reël is wat ons moet nakom.
Deur die krag van die Gees moet ons anders praat en ander eerder verdedig en opbou as wat ons hulle afbreek sodat ons beter kan lyk. Ons moet eerder ons tonge gebruik om die veldbrand van die Blye Boodskap te versprei as skindernuus.