Wat as Jesus rêrig opgestaan het?
Soos die gemeente in Korinte, kan ons baie keer in ons koppe besig raak met 'n klomp "wat as" vrae oor geloof. In die wêreld waarin ons leef is dit eintlik maklik om hierdie tipe vrae te vra omdat ons konstant gebombardeer word met alternatiewe sienings, godsdienste, verduidelikings en perspektiewe. Maar in werklikheid is dit makliker om te vra "wat as Jesus nie opgestaan het nie?" as wat dit is om te vra "wat as Hy werklik opgestaan het?" Paulus kom antwoord hierdie vrae in 1 Korintiërs 15:12-20.
Topics:
Epifanie, Ewige Lewe, Opstanding, Perspektief