Speserye: Wierook – God is naby
Ons nuwe preekreeks, Speserye vir Geloof, skop vandag af. Ons verken die wonderlike maniere wat die Here Homself openbaar in die eenvoudige dinge wat hy gemaak het. Die konneksie tussen reuke en ons herinneringe is onmiskenbaar. Wat as die Here ons juis so gemaak het en juis daarvoor die opdrag gegee het om spesifieke kruie en speserye te gebruik. Vandag staan ons stil by wierook en die prominente rol wat dit in die Bybel gespeel het. Kom ontdek die betekenis daarvan saam met ons.
Topics:
Nabyheid, Offer, Speserye, Teenwoordigheid, Tempel