Kersfees 2019
Die eerste vier verse van die Hebreër brief is so treffend omdat dit vir die lesers, mense opsoek na hoop, kom vertel dat daar in Jesus 'n nuwe begin is. Dat God deur sy Seun met ons kom praat. Die teks het in die paar versies agt eienskappe van Jesus waarmee die skrywer ons fokus wil terugdraai na Jesus toe en vir ons vertel dat die kom van die Messias beteken: daar is Hoop! Uit Hom straal die Heerlikheid van God!