Brood van die Lewe – Deel die Brood
Op daardie dag in Handelinge 2 is die Pinksterfees vervul. Alles wat ons van hierdie fees weet, van hoe dit van die Ou Testamentiese tye af gevier is kom hier in die uitstorting van die Heilige Gees bymekaar. God daag op, op so manier dat niemand wat daar was om Pinkster te vier kon twyfel oor Wie dit is wat daar aan die werk is nie. Dit was die begin van die Kerk se missie om op 'n nuwe manier die Brood van die Lewe uit te deel. Die missie waarvan ek en jy ook nog deel is.
Topics:
Brood, Brood van die Lewe, Deel, Gestuur, Getuig