Wegkruipertjie in die Tuin
In die Tuin van Getsemane speel 'n toneel af wat herinner aan iets wat ons baie vroeër in die Bybel van lees. Mense sny hulle self van God af en kruip weg in vrees en skaamte. Maar hier is een verskil. Hier staan Een alleen wat nie wegkruip nie.