Wag op die Here
Psalm 130 het baie waarmee ons tans kan identifiseer. Soos die psalmdigter kan ons ook “uit die dieptes” roep na die Here. So roep hy ons ook op om op die Here te wag... wag is iets wat ons nie baie van hou nie. Maar hierdie wag is anders, want dit is nie ‘n gewone wag nie...