Leiers wat volg… of Navolgers wat lei?
In Markus 10 stel Jakobus en sy boetie Johannes 'n versoek aan Jesus wat so baie verklap van hoe onse mensdom is. Soos so baie ander, wil hulle graag in posisies van mag wees. Dink maar aan hoe die leiers van vandag optree. Maar wat is ons reaksie wanneer leiers korrup, magsbehep, selfsugtig en onregverdig is? Jesus roep ons om sy navolgers te wees - om anderse leiers te wees. Dissipels, navolgers van sy Voorbeeld. Hoe gaan ons impak op die wêreld rondom ons lyk as ons dit kan reg kry...?
Topics:
Diens, Dissipelskap, Leierskap, Volg