Huisreëls vir Liefde
Ons kry op 'n paar plekke in die Nuwe Testament sg. "huistafels". Dit is soos huisreëls en hier spesifiek vir hoe gelowiges se verhoudings moet lyk. Ongelukkig is hierdie een van die tekste wat oor die algemeen verkeerd verstaan en lukraak toegepas word. Hierdie huistafel in Efesiërs 5 daag gelowiges egter uit om anders as die normaal aanvaarde manier van die wêreld op te tree teenoor mekaar. Vir die eerste lesers was dit totaal 'n nuwe manier van dink, wat ons ook uitdaag om weer dieper na hierdie teks en na ons verhoudings te kyk.
Topics:
Liefde, verhoudings, Ware Liefde