Hierdie jaar gaan ons Gholfdag meer as net ‘n gholfdag wees! Ons speel 9 gate gholf (putjie 10-18) en 9 “gate” Oktoberfest Games. Die golf is 4-bal vol American Scramble. Dit gaan vet pret veroorsaak. En dit beteken ook dat jy in jou vierbal aan die Oktoberfest Games gaan deelneem en dat die punte wat jy daarmaak saam met jou gholf gaan tel vir wie die wenners van die dag is en met die pryse gaan wegstap.
So gepraat van pryse – jy kan ‘n kans staan om ‘n splinternuwe Toyota Vitz te wen vir ‘n hole-in-one op die 11de putjie. Op die 15de putjie wen ‘n hole-in-one vir jou ‘n sonkrag stelsel ter waarde van R150 000 om jou huis teen beurtkrag te beskerm.
Ons gaan heerlik saam kuier en spitbraai en live musiek luister EN rugby kyk! Die Wêreldbeker finaal is dieselfde dag en ons kyk dit op die groot skerm. Kom skree saam met 400 pelle vir die Bokke – hulle GAAN MOS in die finaal wees 😉
Boek jou span se plek sommer nou! [KLIEK HIER]