Skryf jou vierbal NOU in. Jy en jou span kompeteer in 9 opwindende Oktoberfest Games by die klubhuis en 9 gate se 4-bal American Scramble op putjie 10-18. Twee vierballe head-to-head teen mekaar! Julle punte op die gholfbaan én by die games tel saam vir wie die wenners van die dag gaan wees.
Dis ‘n shotgun start om 10:00 waar die een helfte van die veld begin games speel en die ander helfte begin met die gholf. Teen 13:00 maak ons klaar, geniet ‘n GROOT hamburger vir halfway en dan 13:30 ruil die twee groepe om en slaan ons weer af.
Ons mik om teen 18:00 dan te begin met die veiling – jy wil dit nie misloop nie! Teen 19:00 skep ons op van die lekker spitbraai en eet en kuier saam terwyl Woestynwind ons vermaak met lewendige musiek. Om en by 19:45 deel ons pryse uit en kondig ons die wenners aan. Dan luister ons weer lekker musiek tot die Rugby begin. Watse rugby? Die World Cup Final natuurlik! Op ons groot skerm – dit gaan ‘n fees wees!
Jy kan ook jou gesin saambring om te kom saam eet en kuier teen slegs R100 per ete-kaartjie. Jou middag- en aandete is natuurlik ingesluit by jou inskrywingsfooi van R500 per speler.
Met span-teen-span gholf, groot gees by die speletjies, REUSE pryse, heerlike kos, yskoue bier, lewendige musiek EN die Rugby alles op dieselfde dag kan jy mos nou nie bekostig om dit mis te loop nie!! Sien jou daar!