Wêreldreisigers Gemeente-Ete 11 Februarie 2024

Op 11 Februarie 2024 hou ons weer heerlik saam gemeente-ete. Ons bring weer elkeen iets om te eet en deel dit met mekaar. MAAR… hierdie keer gaan ons so bietjie op reis en maak verskillende disse van regoor die wêreld.
RSVP by Wynand by 083 481 1368. Hy sal vir jou sê watter land jy verteenwoordig. Hier gaan ‘n paar vreeslike lekker verrassings uitkom…
Kom saam met ons vir ‘n kos-avontuur!