Welkom op ons webwerf. Loer gereeld hier in vir die nuutste inligting oor wat in ons gemeente aan die gang is. Intussen is jy welkom om rond te blaai. Hier is baie bronne wat jou geestelik kan verryk. Lees gerus deur ons vorige reekse of dagstukkies. Of luister na ‘n preekreeks.
Kom loer in by die kantoor of sluit by ons aan vir ‘n erediens op Sondae om 8:30. Kom word deel van ons familie waar ons heerlik saam die Here loof! Hoop om jou gou te sien.
