Gister se dagstukkie se woestynbeeld het my toe aan Psalm 103 laat dink. Vers 14-16 se woorde:
As mens so na al die statistieke van die pandemie kyk en die wêreldkaart beskou en sien hoeveel duisende mense daar al in plekke soos Italië, Spanje en die VSA oorlede is dan word die prentjie van hierdie verse ‘n vreesaanjaende werklikheid. Die kortstondigheid van ons bestaan.
Gelukkig vir ons is daar ook in hierdie Psalm ‘n “maar”. Dit is die maar van die Evangelie, die Blye Boodskap. Daar is hoop en vreugde en vrede by die Here, ten spyte van al die vrese van die lewe en die dun draadjie waaraan dit hang. Vers 17-19 sê:
Sy liefde is onverganklik en sy heerskappy staan vas! En hoe kan ons dan anders as om ook ons stemme te wil voeg by die hele skepping en die Here te wil loof! Vers 20-22: