Hierdie Sondag, 20 Junie 2021, het ons nie ‘n erediens by ons kerkgebou nie, maar slegs ‘n aanlyn erediens.
Ons kerkgebou is nog al die tyd COVID-gereed en natuurlik wil ons eerder bymekaar as apart wees.
Ds. Cornel is egter nie hier hierdie Sondag nie, maar in plaas daarvan dat ons iemand van buite moet inkry om te kom preek, berei hy vir ons ‘n spesiale aanlyn erediens voor. Daar sal ook nie hierdie Sondag kategese of Jeugdiens wees nie.
Hou al ons aanlyn platforms dop en moenie hierdie spesiale Vadersdag-boodskap misloop nie.