Moenie bang wees nie
Watter invloed sou dit op jou lewe gehad het as jy regtig geweet het dat jy totaal en al vreesloos kan wees? Hou sou jou lewe dan gelyk het? Maak dit ons onverskillig of gee dit ons gemoedsrus vir die reis? Die Here kom gryp in in die lewens van mense, binne in die geskiedenis van die wêreld en kom openbaar Homself as ons God en Redder. As gevolg van Wie God is, kan ons Hom ernstig opneem as Hy sê "Moenie bang wees nie!"