Immanuel – God is met ons
Ons almal ken vrees. Maar ons weet ook altegoed dat as daar net iemand by ons is, ons nie so alleen voel nie, dat dit die vrees sommer wegvat. In Jesaja lees ons van vrees, maar dat die Here 'n belofte maak - dat Hy self met hulle sal wees. Ons ken Hom as Immanuel - God met ons - maar leef ons altyd asof ons regtig weet en besef dat die Lewende God werklik by ons is?