God gee vir ons ruimte
Ons God is 'n Ruimteskepper. Nie net het hy alles in die ruimte geskep nie - van die grootste ster tot die kleinste selletjie. Hy het ook vir elkeen vir ons ruimte geskep. Ruimte om te kan leef, om te kan asemhaal, speel en werk. Hy hou aan om dit regdeur die geskiedenis te doen. Hy dit doen dit vir Israel daar by die drumpel van die beloofde land. Die Here Jesus doen dit deur vir mense ruimte by Hom te skep en hulle in te nooi. Hy doen dit vir my en jou elke dag, maar ook met oop arms aan die kruis...
Topics:
Dankbaarheid, Lydenstyd, Ruimte, Spasie