Die Volle Wapenrusting
Die bekende wapenrusting wat Paulus in Efesiërs 6 beskryf word soms in ons gedagtes en in die volksmond gereduseer tot slegs 'n bygelowige beskermingsmeganisme. As dit gebeur stel ons ons fokus in op die metafoor self en kyk ons vas teen die helm en die harnas en die swaard, ens. Maar wat eintlik hier aan die gang is, is veel groter en dieper en as ons ons fokus draai na dit waaroor die wapenrusting eintlik gaan, dan kan ons waarlik die Volle Wapenrusting "aantrek" en kan ons sonder vrees op ons pos bly. Met vrymoedigheid die Evangelie verkondig.
Topics:
Vrees, Wapenrusting