Môre oggend kom ons reeds voor sonop om 6:00 bymekaar vir ons Paasontbyt. Pak vir jou en jou gesin ‘n ontbytpiekniek en kom wag saam met ons die sonsopkoms in as ons die Opstanding van die Here Jesus vier.
Ons Erediens begin dan reeds om 7:00 (en nie 8:30 nie) waar ons saam lof en eer gaan sing aan die Opgestane Here en gesels oor Lukas 24:1-12.
Hoop om jou daar te sien!