Kom braai en kuier hierdie Sondag saam met ons. Ons gaan heerlik daar rondom ons nuwe braaier kuier, braai en volleyball speel. Die vuur, tafels, stoele, pap en sous, brood en slaai sal daar wees. Bring jou eie vleis, eetgerei en drinkgoed saam.
Ons neem ook afskeid van Prop. Stephanie en Jan voordat hulle verhuis na Kathu waar sy ‘n beroep gekry het. So kom kuier ook so vir oulaas saam met hulle.
RSVP asb. teen Donderdag 25 April by Wynand op 083 481 1368 sodat ons genoeg tafels en bykosse kan voorberei.
Sien jou by die braai!