Hierdie Sondag, 14 Augustus om 8:30 kom ons as gemeente weer saam om Nagmaal te vier. Dit is altyd ‘n spesiale belewenis om met die sigbare tekens van ons verlossing bedien te word.
Ons gaan ook Sondagmiddag saam eet en saam kuier. Ons hou weer Gemeente Ete en smul te lekker aan mekaar se kos. Jy weet nou al hoe dit werk, maar net vir ingeval, hier is dit weer:
Bring jou gunsteling een-skottel gereg en dan pak ons almal se disse op die tafel uit. Dit kan enige gereg wees wat jy sommer maklik in een bak kan maak en saambring – lasagne, slaai, groente, ‘n pastei, ‘n poeding. So deel ons wat ons het met mekaar en skep ons bietjies bietjies van almal se kos en as jy weer sien is jou bord (en jou maag!) vol.
Bring ook asb. vir jou iets saam om te drink. Ons sal die tafels en die eetgerei verskaf.
Ons kuier van 11:00 saam en skep so teen 12:00 op. Dan is ons vroeg klaar en kan die wat nog ‘n middagslapie wil vat nog betyds by die huis wees daarvoor.
Hoop om jou daar te sien!