Kategese 7 Junie 2020 – Jesus by die sinagoge in Nasaret

Jesus begin bedien in Galilea en kom aan in Nasaret.  Onthou dit is die dorp waarin Hy grootgeword het. Soos wat sy gewoonte was het Hy op die Sabbatdag (Saterdag) na die sinagoge toe gegaan en het Hy daar die mense geleer.

Dit was die gebruik dat daar beurte gemaak is in die sinagoge om uit die Skrif (Ou Testament) te lees.  Jesus lees ‘n profesie uit Jesaja 61:1-2; 58:6 en sê dat dit direk op Hom van toepassing is.  Daardeur openbaar Hy nie net Wie Hy is nie, maar ook wat Hy kom doen het.

Kliek op die skakels hier onder om die onderskeie hulpmiddels in pdf-formaat af te laai:

|| Riglyne || Prentjie en Teksvers || Invul- en besprekingsvrae || Aktiwiteit ||