Jesus loop op die water na sy dissipels toe en roep boonop vir Petrus om na Hom toe te kom. Petrus haal sy fokus van die Here af en begin rondom hom die stormagtige see raaksien en word dan bang. So moet ons ook onthou om ons fokus op die Here te hou en op Hom te vertrou in elke situasie. Die lewe is maar rof en daar gebeur baie dinge rondom ons wat ons aandag kan aftrek en maak dat ons misluk, maar die Here wil hê dat ons op Hom moet vertrou en op Hom en sy wil moet fokus.
Kliek op die skakels hier onder om die onderskeie hulpmiddels in pdf-formaat af te laai:
|| Riglyne || Prentjie en Teksvers || Invul- en besprekingsvrae ||